Gratis internet dienste aan telers

Skakel die kantoor vir u wagwoord (wat maklik met behulp van die rekenaar na u eie keuse wagwoord verander kan word).  Besoek www.simmentaler.org of www.simbra.org.  Kliek Lede Area en voltooi u lidnommer en wagwoord.

1. Verander u lidmaatskap besonderhede (telefoon, faks, epos ens.):  kliek op Modify my membership
  details. Geriefliker as briewe skryf.
   
2. Kliek Information en lees beskikbare funksies.
   
3. Voordat u ondervermelde opsies kies moet ‘n verslagformaat eers geskep word soos volg:
 

Kliek (regs bo) Modify my report layouts en kies dan die velde onder Animal listing wat u benodig bv.  Name (merk 1 in die blokkie), Birth date (2), Simdex (3), Star cow award (4), Pigment (5) ens. kliek dan Update.  U verslag gaan nou hierdié velde lys totdat u dit weer verander.

   
4. Benodig u ‘n lys (soos onder Modify my report layouts saamgestel) met alle aktiewe vroulike diere: 
  kliek Animal enquiry en voltooi dan die volgende op die nuwe skerm: …
 

Ownership selection:  kies My ownership.
Registration status:
kies registered of calf book of either registered or calf book. (Kalfboek diere is diere wat nog nie gekeur is nie).
Select if: animal is female

Select if: animal is active
Sort by
(onderaan webbladsy): animal name of animal ident
Kliek Search vir die diere wat aan u vereistes voldoen, gelys volgens die velde wat u onder Modify my report layouts gekies het.  (Hierdie is deurgaans van toepassing).
Kliek op ‘n dier se naam indien u die volledige stamboom, teelwaardes en baie ander besonderhede benodig – om weer die lys te sien, kliek u net Back op u Explorer.

   
5. Watter ster koeie is in my besit?  Besluit op lys formaat (Modify my report layouts) kies Animal
  enquiry en dan …
 

Ownership selection:  kies My ownership
Select if
animal is active (indien u nie active kies nie, sal dooie of gekanselleerde ster koeie ook gelys word).
Star cow award:
 kies een van die drie opsies.
Sort by:
 (onderaan webbladsy):  animal name of animal ident
Weereens as u besonderhede van ‘n dier benodig kliek op die naam.        

   
6. Lys van nageslag van ‘n sekere bul met die besonderhede wat u deur middel van Modify my report
  layouts gekies het (bv. teelwaardes, pigment, geboortedatum ens.).  Kies EBV enquiry en …
 

Ownership selection:  kies My ownership
Registration status:
  either registered or calf book
Select if
animal is active
Select if
animal is male or animal is female
Sire name:
  tik in die amptelike voorvoegsel en naam van die bul
Sort by:
(onderaan webbladsy) ‘n groot aantal opsies.

   
7. Ek het ‘n bul met ‘n swak melk EBV maar baie ander goeie eienskappe en wil hom met koeie paar
  wat goed in melk is:  Stel lys op (met melk as een veld) en kies EBV enquiry
 

Ownership selection:  kies My ownership
Registration status:  either registered or calf book
Select ifanimal is female
Select if
animal is active
Milk (kilogram):  voltooi u minimum en maksimum vereistes.
Sort by
:  kies Milk en kliek Search
Die koeie wat aan u melk vereistes voldoen word van hoog tot laag in melk gelys.  Indien u ook die akkuraathede wil sien, kliek u Show EBV acc (links bo).  Soos by alle lyste die geval kry u volledige besonderhede van ‘n dier deur op die dier se ID/naam te kliek.

   
8. Die keurder kom my besoek en ek benodig ‘n kraallys van ongekeurde diere in my besit:  Deur
  middel van Modify my report layouts word ‘n lys opgestel met bv. name (1), ident (2), birth date (3), sire (4), calv. ease direct (5), birth weight (6), 200-day weight (7). Gaan dan terug en kies Animal enquiry
 

Ownership selection:  kies My ownership
Registration status:  calf book

Select if
animal is active
Select if
blank (beide geslagte) of animal is male of animal is female.
Sort by
: Animal ident en kliek dan Search vir ‘n lys van kalfboek diere met die teelwaardes wat u gekies het.

   
9. Ek wil gaan skou en benodig ‘n lys van koeie met goeie Sim(bra)dekse:  kies die velde wat u gelys
  wil hê onder Modify my report layouts en kies Animal enquiry.
 

Ownership selection:  kies My ownership
Registration status:  either registered
or calf book
Select if
animal is active
Select if
animal is female
Simdex:
sien die verskillende opsies

   
10. Ek wil ‘n lys druk om my speengewigte aan te teken.  Kies die velde wat u op die lys benodig
  onder Modify my report layouts en kies Animal enquiry
 

Ownership selection:  kies My ownership
Select if
animal is active

Select if
:  kies female of male indien u twee aparte lyste benodig.
Calving year(s):  Byvoorbeeld 2004 (indien somer Nov – Feb teelseisoen tik in 2003-  2004).
Sort by:  u keuse.

   
11. Het die Genootskap my geboortekennisgewings ontvang?  Kies Animal enquiry ...
 

Ownership selection:  kies My ownership
Calving year(s):  2004
Herd book:  calf book

Select if
animal is active
Sort by
birth date

By enige lys kan u links bo Show all EBVs en dan Show EBV acc kliekKies ook Show all entries links bo op webtuisblad.

 

Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
2003 - 2007

W3Counter Web Stats