Aankondigings

 
Hoe vergelyk u kudde met die ras? (Alleenlik telers in prestasietoetsing)
 

A         Kontak die kantoor vir u wagwoord.

B         Besoek www.simmentaler.org of www.simbra.org

C         Kliek op LEDE AREABy Username tik u lidnommer in, dan u wagwoord by Password.  Kliek dan op Download files (regs bo).

            Die volgende leêrs sal gelys wees:

1          2005_BREED_GENETIC_TRENDS.PDF     (Genetiese Tendense vir die ras)

2          SIBS_2005_intro_herd_report_pdf     (‘n Verduideliking van die jaarlikse Kuddeprofiel) 

3          SIBS_2005_percentiles.pdf    (Die Ras persentiele tabel)

4          123456_GROUPEBV.DAT    (Jaarlikse kuddeprofiel-lêer vir HerdMaster,Unzipped)

5          123456_GROUPEBV.ZIP    (Soos 4 maar gezip)

6          123456_group_repts.123456.pdf     (U Kuddeprofiel en kudde se genetiese tendens)

Om enige van die bogenoemde lêers af  te laai, bv. u Kuddeprofiel, volg die volgende stappe:

Kliek op die naam van die lêer en kies of u dit wil oopmaak of op u rekenaar stoor.  Indien u dit wil oopmaak, kliek Open.  Dit sal dan in Acrobat oopmaak en u kan dit druk.  Indien u die lêer wil stoor (wat ons aanbeveel), kliek Save en selekteer dan ‘n directory op u rekenaar en kliek weer Save.  Indien u nie die Acrobat program op u rekenaar het nie, laai dit af van die Simmentaler of Simbra webblad (op die tuisblad), of kontak die kantoor vir ‘n CD.

 
[Terug na bo]
 
 
U Verantwoordelikheid
 

Die sertifikaat is die verantwoordelikheid van die teler.  Ons vra telers weereens om asseblief die datum, identifikasie en ouers van kalfboek sertifikate na te gaan met ontvangs.  Merk asseblief enige foute op die sertifikaat, teken en stuur terug aan die kantoor vir korreksie.

 
[Terug na bo]
 
 
Waarom is die diere nie op die weeglys?
 

Sommige van ons telers in prestasietoetsing ontvang onvolledige weeglyste omrede hulle nie diere kanselleer soos hulle moet nie.  Stoetdiere wat na die kommersiële kudde skuif en geweeg word tesame met stoet diere (tot die voordeel van die teler) moet gekanselleer word deur KODE 7 op die agterkant van die sertifikaat te skryf.  Hierdie diere sal dan op die weeglys bly.

 
[Terug na bo]
 
 
Simbra:  Waarmee Begin Ek?
 

Die basis bulle moet geregistreerde Simmentalers or Brahmane wees.  Die koeie is geregistreerde Simmentalers of Brahmane wat nie onderhewig aan keuring is nie en/of graad/kommersiële Simmentaler en Brahmane wat ge-inspekteur gaan word vir algemene strukturele korrektheid en hulle moet darem soos ‘n Simmentaler of Brahman lyk.  Kommersiële Simbra tipe koeie kan vir registrasie as F1 cum voorgestel word en ontvang ‘n sertifikaat indien die keurder hulle vir strukturele korrektheid en as Simbra tipe goedkeur.

 
[Terug na bo]
 
 
Wie Sê Groei Is Groei?
 

Die kanse is baie goed dat die rangorde van bulle in ‘n intensiewe toets (soos fase C of intensiewe fase D) baie gaan verskil van die rangorde as dieselfde bulle onder ekstensiewe veldtoestande getoets word.  Voorbeelde van goue meriete bulle wie se nageslag swak vaar op veld en andersom is al in DIE REGISTER gepubliseer.  Ons moet onthou dat gewigstoename op veld nie net met groei potensiaal te make het nie, maar waarskynlik ook met loop vermoë, aanpassing en veral ook met die vermoë om veld effektief te benut.  Die beste groeitoets vir bulle is om alle bulle op die plaas tussen 300 en 500 dae op een dag te weeg.  Hier die mening van twee wetenskaplikes.

Prof G Erasmus: “An animal’s true genetic potential can only be realised by optimum feeding (a common misconception).  This may be true, but of what use is it in animal breeding?  It is better to speak of genetic ability, since genetic ability, under sub-optimum feeding is of equal, if not of greater importance.  If we want to breed animals with a low sensitivity to environmental change, we must select in an environment which acts in a direction opposite to the change that is desired.  This means that if we want to increase weaning or other body weights and fleece weight, we must select under poor feeding conditions, but if we want to decrease fibre diameter, we must select under good feeding conditions.  This is generally known as Falconer’s paradox.”

Dr O Syrstad: “The safest, and usually the most efficient, approach is to base selection on the performance of animals as expressed under environmental conditions similar to those which their progenies will be exposed to.”

 
[Terug na bo]
 
 
‘N MOET IN ELKE BAKKIE!
 

Nuwe “lekker kyk en lees” boekie oor die Simbra!! Gratis beskikbaar van die Genootskap.

 
[Terug na bo]
 
 
NUUT en GRATIS
 

Nuwe prestasietoetshandleiding waar baie vrae oor die BLUP-stelsel beantwoord word – kort en kragtig, telegramstyl – ‘n moet vir telers wat weeg.  Kontak kantoor.

 
[Terug na bo]
 
 
WAAR IS MY SERTIFIKAAT?
 

Die posdienste is nie meer wat dit was nie en u moet asseblief kontroleer of u al die sertifikate terug ontvang. Indien u nie binne ses weke (insluitend na en van kantoor) nadat u geboortes ingedien het, die sertifikate ontvang het nie, moet u ons asseblief skakel.  Nog makliker is om ‘n dier navraag” te doen by www.simbra.org  – indien die dier nie op is nie, het ons nie die geboortekennisgewings ontvang nie.  Kliek hier.

 
[Terug na bo]
 
 
STOETERYE WEB BLAAIE
 

Lede word uitgenooi om hulle webblad gratis te koppel aan www.simbra.org.  Voorsien asseblief u logo en presiese webadres.  Indien u nie ‘n webbladsy het nie, sal 123 Internet (tel. 5223662 of info@123internet.co.za) teen geringe koste vir u een ontwerp.  Kliek hier vir voorbeeld.

 
[Terug na bo]
 
 
WANNEER ONTVANG EK MY WEEGLYS (PRESTASIETOETS TELERS)
 

Kliek hier

 
[Terug na bo]
 
 
‘N BELANGRIKE MAATSTAF
 

Volwasse koeigewig (MCW) word bepaal op grond van die koei se gewig wanneer haar kalf se speengewig geneem word.  Dit is ‘n baie belangrike teelwaarde aangesien MCW aan onderhouds/voedingsbehoeftes gekoppel is.  Alleenlik telers wat MCW bepaal is in staat om diere met ‘n hoë groeitempo en middelmatige volwasse gewigte te identifiseer.  Dit is tog waarna die meerderheid streef.  Waar koeie nie geweeg word nie, kan ‘n MCW teelwaarde vanaf die 600 dae teelwaarde bereken word, maar dit sal NIE die “Growth curve benders” identifiseer nie.

 
[Terug na bo]
 
 
SELEKTEER VIR VRUGBAARHEID EN DIE RES SAL VOLG
 

“Ongelooflik! Ja, maar verklaarbaar.   Met dié seleksie program selekteer ‘n mens vir diere wat uiters aangepas is aan die omgewing waarbinne hulle moet produseer.”  Mnr REF Rusch.

Kliek hier vir dié interessante artikel.

 
[Terug na bo]
 
 
FANTASTIESE NUWE DIENS
 

Lede wat prestasietoetsing toepas kry nou, deur middel van ‘n wagwoord, toegang tot hul diere se besonderhede.  Kontak die kantoor vir u wagwoord en kliek dan “Lede Area” op hierdie webbladsy.  U kan byvoorbeeld die volgende opsoek ....

... alle aktiewe diere vandag in u besit ...
... diere nog nie gekeur nie ...
... dooie en/of lewendige ster koeie ...
... alle koeie met ‘n Simbradeks oor sê 105 ...
... koeie met ‘n melkteelwaarde (of enige teelwaarde) onder sê rasgemiddeld ...
... alle nageslag van ‘n sekere bul (of koei) ...
... teelwaardes van alle diere wat u vir keuring gaan voorstel ...en nog baie ander moontlikhede.

U kan ook data van al u diere d.m.v. hierdie internet fasiliteit op u eie rekenaar aflaai.  Kontak die kantoor vir ‘n handleiding.

 
[Terug na bo]
 
 
SO MAKLIK SOOS DIT
 

Om deurentyd genetiese verbetering in ‘n koeikudde te bewerkstellig moet die nuwe bul altyd beter wees as die laaste een.  Hoe weet ek dit?  Kyk na beide bulle se teelwaardes omdat jy bulle hierdeur oor jare, seisoene en kuddes kan vergelyk.  Kliek hier.

 
[Terug na bo]
 
 
GEBOORTEBOEKE
 

Die nuwe geboorteboeke wat voorsiening vir ooglidpigment en bestuurskodes maak is nou van die kantoor beskikbaar.  Nog beter ... kliek hier vir meer inligting oor rekenaarprogram wat geboortekennisgewings skep of kliek hier vir ons rekenaarvorm. 

 
[Terug na bo]
 
 
SIMBRA’S SE TEELWAARDES
 

Soos al vir baie jare in alle bekende beesvleis produserende lande die geval, gebruik ons Genootskap nie meer indekse of gewigte om diere met mekaar te vergelyk – ons gebruik teelwaardes.  Waarom is teelwaardes so belangrik?  Wanneer ‘n boer na ‘n bul kyk, word die grootste gedeelte van wat hy sien deur die omgewing beheer (voedsel, bestuur, weersomstandighede ens.) en die kleiner gedeelte word aan genetika toegeskryf.  Dit is slegs die genetiese gedeelte wat aan sy nageslag oorgedra word.  Ons kan egter nie hierdie genetiese komponent afsonderlik van die omgewing se invloed sien nie en daarom kan ons byvoorbeeld nie sien hoeveel melk ‘n bul se dogter sal gee nie of hoe vinnig sy nageslag sal groei nie.  Die teelwaardes is die genetiese meriete van ‘n dier en daarom word bulle deesdae hoofsaaklik op grond van teelwaardes aangekoop. Vleisbeesboere kan baie vinnig vordering maak deur met behulp van teelwaardes te selekteer.

Kliek  hier vir teelwaardes van Simbra’s. (Voltooi net identifikasie of naam van dier.

 
[Terug na bo]
 
 
STER KOEIE
 

Sterre word toegeken aan koeie wat in reproduksie, melk en speengewig teelwaarde uitblink. Een-ster koeie moet 4 keer gekalf het,  twee-ster 5 keer en drie-ster meer as 5 .  Kliek hier en lees item (5) vir ’n lys van ster koeie. 

 
[Terug na bo]
 
 
DEKSEISOENE HET NET VOORDELE
 

Lees hier

 
[Terug na bo]
 
 
REKENAARPROGRAM VIR TELERS
 

Telers wat van die nuwe HerdMaster gebruik maak kan hul gewigte en geboortes maklik elektronies aan die Genootskap stuur.  Kontak gerus vir Pierre Joubert by tel. 012-6675258 vir ‘n HerdMaster demonstrasie.

 
[Terug na bo]
 
 
TOETS STOETBULLE
 

DNA profiele: Monster benodig = sterthare.  Prys R95
1/29 Translokasie:  Monster benodig  =1-2ml bloed in ‘n Heparien (groenprop) buis – Prys R120.
GeneSTAR sagtheid/marmeringstoets kontak M Bradfield by GeneSTAR tel: 012-6615852.
Pompe se siekte en CMS (alleenlik Simbra): Monster benodig = sterthare. Prys R100 elk.

Nader vir Unistel by tel. 021-9389213/4.

 
[Terug na bo]
 
 
WHY MIDDLE-OF-THE-ROAD?
 

Proof 1:  The calving percentage of large – medium – small cows in a 43 day breeding season according to Butram and Wilham:

 

Management/Feeding:

Cow size 

Good

Bad

Large 82% 53%
Medium 85% 67%
Small 85% 74%

Similar results were found in a study in Florida with bos indicus.

Proof 2:  In the USA they conducted a study of calving intervals (ICP’s) on 330 000 beef females from eight beef breed associations.  This study showed that females with high yearling weight EBV’s have longer average calving intervals.  Females in the upper 20 percent for yearling weight EBV in each breed had longer average calving intervals than the low- and intermediate-group females of the same breed.  (Brink and Kniffen).

Proof 3:

Selection for increased growth rate and size tends to result in higher birth weight.  These heavier birth weights create more calving difficulty.  The genetic correlation between birth weight and post birth weight/gain is: weaning weight .58, 18 month weight .60, gain birth to weaning .38, feedlot gain .54 and mature weight .68.

From this it is clear that especially mature weight or size and 18 month weight are highly correlated with birth weight and the chances are good that if you select for these two traits you will increase birth weight.  (Greyling).

 
[Terug na bo]
 
 
LYS VAN MY DIERE IN MY BESIT
 

Kliek hier en lees item 4.

 
[Terug na bo]
 
 

PAGE UPDATED:  06/02/2006

Die Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika

2003 - 2007

W3Counter Web Stats