|
Ons het in 1984 begin deur Brahman bulle te paar met top
Simmentaler koeie. Meeste van ons diere is 5/8 Simmentaler &
3/8 Brahman. Ons glo dit is die beste kombinasie in terme van
aanpasbaarheid en totale prestasie.
Ons bring gedurig "nuwe bloed" in met 'n 50-50
Simmentaler/Brahman kombinasie. Ons beskou dit as baie
belangrik. Daar word nie "generasies gejaag nie" maar ons
strewe om die beste met die beste te paar.
VOORBEELD:
'n F2 bul met 'n F4 vroulike dier.
Vrugbaarheid is by verre die nommer 1 seleksie kriteria.
Dae tot kalwing
teelwaardes sal binnekort geďmplimenteer word.
Breedplan teelwaardes is uiters belangrik vir ons. Weereens
streef ons na "teling in balans": Gemiddelde grootte kalwers
by geboorte, met gemak van kalwing, bo-gemiddelde groei,
medium volwasse massa & genoegsame melk.
Om Wisp-Will se persentiele te vergelyk met
die res van die ras, kliek hier.
Ultrasoniese
skandering word gedoen om karkas eienskappe te bepaal en
teelwaardes te verkry. Genestar DNA toetsing vir marmering. vleissagtheid
& voerdoeltreffendheid is gedoen op stoetvaars.
"In die volgende 10 jaar gaan DNA toetsing vir sekere
eienskappe die belangrikse seleksie kriteria word. Weeg
en meting sal nogsteeds plaasvind. Gekombineerde
teelwaardes sal beskikbaar wees. Visuele
waardebepaling sal altyd belangrik bly."
(Dr. R. Hunsley, 2008)
|